Lekker eet
Lekker Spys
Wie is spys?
Spys is ’n besigheid wat algemene spysenieringsdienste op ’n volhoubare wyse lewer. Spys staan in diens van die verskillende instellings binne die Solidariteit Beweging, sowel as ander lewensvatbare geleenthede in die Afrikaanse gemeenskap.
Dit is Spys se visie om as ’n volhoubare, winsgewende spysenieringbesigheid gevestig te word asook om ’n voorkeur diensverskaffer in die Solidariteit Beweging en gemeenskap te wees.
Spys fokus deurlopend op:
- die handhawing van bekostigbare gehalte;
- uitnemende Afrikaanse dienslewering aan ons kliënte; en
- om deurgaans die spyskaartaanbiedings te vernuwe, om by ons kliënte se behoeftes aan te pas.
Wat bied Spys?
Spys bied eenstopdienste vir funksies. Ons reël die hele kaboedel van die tafels, stoele, eetgerei, tafeldoeke, dekor, blomme tot klank en nog vele meer. Ons koördineer ook alles met betrekking tot die betrokke funksie.
