wat bied spys?
wat bied spys?
funksies
SPYS bied volledige funksiediens om jou geleentheid so maklik en stresvry moontlik te maak. Ons hanteer die etes, drinkgoed, tafels, eetgerei en koördinering, sodat jy met gemoedsrus op jou funksie kan fokus.
Let asseblief daarop dat ons nie addisionele dekor, klank of beligting verskaf nie. Indien jy meer inligting benodig of spesifieke vereistes het, is jy welkom om met ons funksiekoördineerder in verbinding te tree vir verdere hulp en advies.
drankies
Spys beskik oor ‘n drank lisensie wat ons in staat stel om tydens funksies ‘n kontantkroeg of oop kroeg aan te bied.
Tipe aanbiedinge en dienste:
Kafeteriastyl wegneemetes
Koop-en-loop
(vooraf verpakte items)
Spyseniering van fynproewerskos
Ligte etes
Buffetetes
(warm en/of koue disse)
Skinkbordetes
(“platters”)
Braaikos
bv. spitbraai, potjiekos en braaivleis.
Piekniek
Kospakkies
Roerbraai
(“stirfry”)
Konferensies
(ligte etes en informele en formele aansit etes)
Dinees
(ligte etes en informele en formele aansit etes)
