funksies

Funksies

Dit is vir ons by Spys uiters belangrik dat die betrokke kliënte se belange die hooffokus gedurende die beplanning van enige funksie is. Daarom is dit noodsaaklik dat die kliënt die besprekingsvorm so akkuraat as moontlik voltooi. 

Die bespreking moet ook verkieslik so vroeg as moontlik gemaak word, sodat die nodige gesprekvoering oor die kliënt se behoefte, prysbepaling asook die finalisering van die spyskaart kan plaasvind. Die praktiese uitvoerbaarheid in terme van die lokaal en geriewe sal ook in ag geneem word.

Spys is deurgaans sensitief vir prysveranderings in die mark. Op dié manier verseker ons dat ons mededingend bly en dat ons kliënte die beste waarde vir hulle geld ontvang.