spesiale disse

spesiale disse

“Swiss bull steak”

Hierdie dis is regoor Suid-Afrika legendaries. Van ’n hotel in Bothaville, die Nampo-oesdag, die Pukke, verskeie ATKV-restaurante tot hier, in die Kraal op die Sol-Tech kampus.  

Sjef Harry het in die laat 1980’s hierdie geurige dis voorberei en aan Willie van der Walt – tans Algemene Bestuurder van Spys, voorgesit. Willie het onmiddelik geweet hierdie dis gaan ’n wenner wees en dit dadelik op die hotel se spyskaart gesit. Dié biefstuk was een van die hotel se restaurant se beste verkopers. Die omgewing se boere was gaande daaroor en so het die boere wat vanaf landwyd ook Bothaville vir die Nampo-oesdag besoek, ook daarvan te hore gekom. Hulle het dié dis ’n  bynaam gegee, “bul van alle steaks”, en so het “Swiss bull steak” sy naam gekry.

Die “Swiss bull steak” het saam met Willie van plek tot plek gereis, en is suksesvol by elke restaurant waar Willie aan die stuur van sake was geïmplementeer.

Vullende geroosterde toebroodjie

Hierdie is nie jou gewone vierkantbrood met ’n snytjie kaas geroosterde toebroodjie nie. O nee, Spys se vullende geroosterde toebroodjies is smaaklik, voedsaam en beslis gesond!

Gourmet Tjip-rolletjie

Hierdie dis, het ontstaan as gevolg van beursies wat plat is en daardie “na-die-naweek-kuier-honger”. Stysel, stysel en nog maal stysel, met ’n sprinkel spek en kaassous, wat daardie honger kolletjie teen ’n baie bekostigbare prys volmaak

“Brekkie bun”

Hierdie unieke broodjie se geheime bestanddeel is ’n tuisgemaakte uiemarmelade deur ons eie sjef opgetower en beloof om jou dag heerlike te begin.

 

Kwartie

Sagte burger broodrolletjie wat vir jou die nodige energie sal gee vir die dag wat voorlê of vir jou daardie ekstra skop gaan gee vir die dag wat oor is.  Bederf jouself met hierdie anderste lekkerte, dit is ‘n alles in een worsie ontbyt, op ‘n broodrolletjie!